Die Paashaas en skattejag agter heerlike sjokolade paaseiers aan is beslis nie al waaroor Paasfees vir Laerskool Stulting van Humansdorp se maatjies gaan nie.
Alhoewel Juffrou Shené se Gr. RR-eendjieklas die Paasfees al hoppende ingegaan het, weet hulle dat Paasfees ‘n baie spesiale tyd van die jaar is, waartydens ons herinner word aan Jesus se onbeskryflike groot genade en liefde vir ons.
Foto’s verskaf