Vir Dewald Duvenhage is ouderdom net ‘n getal en het die feit dat die 1ste en 2de plek wenners van die kompetisie 3 jaar ouer as hy is, hom glad nie gekeer om vir ‘n 3de plek te mik nie.
Hierdie klein knapie, wat volgens sy mamma gereeld eerder op sy hande as sy voete rondloop, het met ‘n skrale 0.75 punte net-net 2de plek gemis. Welgedaan met ‘n welverdiende 3de plek! Dit wil gedoen wees!
Dewald is ook gekies om 20 Junie aan die “Eastern Cape Artistic Festival” deel te neem.
Stulting is super trots op jou, Dewald!
Foto verskaf