Die gr. 7-dogters het gehelp om al die sjokolade en koffie donasies te verpak waarna dit na Ons Tuiste en Isivivana Hospitaal versprei is.
Laerskool Stulting, Humansdorp, se leerders het met hulle gemeenskapsprojek vir die 1ste kwartaal sjokolade en koffie ingesamel om vir die verpleegpersoneel by Ons Tuiste ouetehuis en Isivivana Hospitaal in Humansdorp uit te deel. Baie dankie aan al ons gesondheidswerkers wat hard werk in die stryd teen die Coronavirus.
Ons salueer julle!