Laerskool Mooirivier van Potchefstroom is baie trots om aan te kondig dat Mnr Jakkie van Vuuren amptelik deur die Departement van Basiese Onderwys aangestel is as die nuwe skoolhoof van Laerskool Mooirivier.
“Meneer, ons beste wense vergesel u op hierdie nuwe fase van u lewe. Mag die Here u die nodige krag en leiding gee om Laerskool Mooirivier tot hoër hoogtes te lei.” Beheerliggaam, personeel en leerlinge van Laerskool Mooirivier.