“Ons is Laerskool Concordia! Die regte prosedures word gevolg en ons leerders is veilig en gelukkig.”
Wat ‘n voorreg om betrokke te wees by ‘n spogskool soos Laerskool Concordia.
Ons skool bestaan vanaf 1937. . . ‘n skool met ‘n ryke erfenis. As mense terugstap op die geskiedenisspoor, is daar slegs een ry spore, wat getuig van God wat ons dra. Sy genade en seen is sentraal in alles wat ons bereik.
Die skoolwapen – 2 harte wat saam klop – spreek van die warnte en innigheid waarmee die Concordia-gemeenskap mekaar hanteer.
As hoof is dit my begeerte dat elke Corrie iewers sal nesskop en sodoende hul Godgegewe talente ontdek en uitleef – hetsy op akademiese-, sport- en kultuurgebied.
Concordia en sy leerkragte meld aan om ‘n verskil te maak in u kind se lewe.
Concordia-groete
Mnr. C. Blignaut