Laerskool Concordia van Boksburg het hul Gr 7’s bederf met ‘n lekker warm sjokoladedrankie!
Lekkkerr!!
Laerskool Concordia is nie net die TROTS van Boksburg nie, maar ook die skool waarop u en u kind sal trots wees. Hier word ons kinders geleer om hul historiese en kulturele erfenis te ag en te respekteer asook om die beginsels voluit te leef. Hier by Laerskool Concordia streef ons daarna om elke leerling as ‘n totale persoon te ontwikkel met ‘n gesonde balans tussen al die verskillende fasette wat ons hier aanbied.
Ons stel ons-self diensbaar en tot beskikking van ons gemeenskap en tot voordeel van ons mees kosbaarste besittings – ons kinders. Wees verseker dat u kind ons grootste prioriteit is en dat ons op alle gebiede sal poog om u kind gelukkig te hou. Ons hoof-doel is om u kind te onderrig en op te voed en in totaliteit te vorm.
​Om ’n kind by ’n skool in te skryf, bly maar ’n groot gebeurtenis. U vertrou ons met u kosbaarste besitting en dit is ons wens dat ons hierdie vertroue waardig sal wees.
Word gerus deel van die Corrie-familie!