)

Laaste skooldag vir NHS-matrikulante

Hoërskool Nelspruit se Graad 12’s van 2020 is Vrydag 16 Oktober tydens ‘n gepaste afsluitingsdiens voor die aanvang van die eindeksamen bemoedig en gegroet.
Twaalf jaar op die skoolbanke het Vrydag vir dié leerders tot ‘n einde gekom.
Hierdie groep leerders word as onkeerbaar, onwrikbaar en onstuitbaar beskryf. Alhoewel vanjaar vele teleurstellings ingehou het en ongewone uitdagings gestel het, het hierdie Nellies dit verwerk en elke bul gestorm en by die horings gepak.
Die kerkdiens is deur pastoor Shaun Adams van Church Unlimited gelei en hy het ‘n besonder treffende boodskap met die skoolverlaters gedeel.
Mnr. Johan Hattingh (skoolhoof) het tydens sy toespraak gesê dat die matrikulante ‘n goeie nalatenskap laat en dat hulle hierdie uitdagende jaar vir die onderwysers die moeite werd gemaak het. Hy het ook die matriekpersoneel bedank vir hul toegewydheid en bereidwilligheid om ten spyte van vele uitdagings die ekstra myl te loop.
Die hoofleiers, Milda van Dyk en Handré Homann, het ook vir oulaas ‘n beurt gekry om hulle graadgroep toe te spreek. Gaan kyk gerus na die toesprake op die NellieTV-kanaal.
Ons wens hierdie Nellies baie sterkte toe vir die finale eksamen. Mag julle die palmtak hoog dra!

Mnr Johan Hattingh

Pastoor Shaun Adams

Foto’s: Hennie Homann

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal