Kwagga Top 10 Atletiekbyeenkoms. Drie atletiekspanne van Hoërskool Punt, Mosselbaai, het by Hoërskool Outeniqua se Kwagga Top 10 Atletiekbyeenkoms puik presteer.
Die A-span beklee ‘n agtste posisie uit die 43 skole wat aan die byeenkoms deelgeneem het.
Die volgende atlete van Punt het medaljes behaal:
- Deacon Cooper: 1ste plek (Goud) Hamergooi
- Amoné Billing: 1ste plek (Goud) 100 m
- Elizka Le Grange: 2de plek (Silwer) Diskus en 2de plek (Silwer) Gewigstoot
- Franco Cilliers: 2de plek (Silwer) Verspring
- Catherine-Lee Gouws: 3de plek (Brons) 300 m hekkies en 3de plek (Brons) 400 m
- Luan Jansen van Rensburg: 2de plek (Silwer) Spiesgooi
- Chrizanne Swart: 3de plek (Brons) Gewigstoot
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.pointhighschool.co.za/
Foto verskaf