HSP neem jaarliks aan die ATKV-tienertoneel kompetisie deel. Die skrywer en regisseur van die stuk “KRAAI” is Me. Wouri Delport, ‘n onderwyseres by H/Skool Punt.
Daar sal op 14 Augustus 2017 ‘n opvoering by ons skool wees en dan op 17 Augustus 2017 in die Port Elizabeth Opera House. In Port Elizabeth sal hul teen die groepe van baie sterk skole meeding.
Aangeheg ‘n foto van Me. Wouri Delport en haar “span”.
Agter vlnr: Samantha Janse van Vuuren, Aiden Munn, Melizza Liebenberg, Megan Botha, Marina Barnard, Wynonia Oosthuizen, Joane Kuun, Dirk van Noordwyk en Karlien de Wet
Voor vlnr: Mianel Potgieter, Anja van Staden, Me. Wouri Delport (regiseur en skrywer), Sune Joubert en Cameryn Whittle.