Knights 0/17 oefenkamp

Gedurende die wintervakansie het Krieket SA , in samewerking met die Griekwas- en Vrystaatkrieketunies, ‘n o/17 Knights oefenkamp aangebied. 18 Krieketspelers vanuit die Noord-Kaap en Vrystaat gesamentlik,  is tydens 2015 se o/17 Nasionale week geÏdentifseer op grond van prestasie gedurende die toernooi.

Danksy sy 50-tal teen die OP en boulsyfers van 6/56 na 14 beurte , was Nakkie Duvenhage van Hoërskool Upington,  bevoorreg genoeg om na die geleentheid genooi te word. Hy is  die enigste Noord-Kaap Platteland speler wat genooi is om deel te neem aan die kamp.  Die kamp is aangebied deur SA afrigters wat voorsien is deur Krieket SA. Spelers moes deelneem aan fiksheidstoetse, sielkundesessies en vaardigheidsontwikkeling. Dit het hulle ‘n voorsmakie gegee van wat  ‘n professionele loopbaan in krieket behels.

‘n Verdere 4 spelers sal op grond van hul prestasie tydens die kamp identifiseer word om deel te neem aan  die Nasionale oefenkamp aangebied deur Krieket SA later in die jaar. Baie geluk, Nakkie, en sterkte met die res van die krieketseisoen.

Become a Sponsor