
Krieket SA nasionale week. Tydens die Krieket SA nasionale week het Vrystaat se o16 span nie een wedstryd afgestaan nie. Hulle het al vyf hul wedstryde gewen en sodoende gekwalifiseer om volgende jaar in die A-afdeling deel te neem.
Uit die vyf wedstryde, was vier Grey Kollege spelers aangewys as speler van die wedstryd.
- Wedstryd 1: Vrystaat teen Border Kei – Speler van die wedstryd: Divan
- Wedstryd 3: Vrystaat teen Easterns – Speler van die wedstryd: Daniel
- Wedstryd 4: Vrystaat teen Limpopo Impalas – Speler van die wedstryd: Daniel
- Wedstryd 5: Vrystaat teen Garden Route Badgers – Speler van die wedstryd: Tamim

Meer skolenuus: https://www.schoolsthatrock.co.za/
https://greycollegesecondary.com/
Foto’s verskaf