Krieket. Die afgelope naweek het Laer Volkskool Graaff-Reinet se o.7, o.11 en o.13 krieket spelers wedstryde teen Union gespeel.
Volkskool se o.13’s het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die span kon egter net 70 lopies behaal. Laer Volkskool se beste kolwer vir die dag was André Wolfaard wat 17 lopies met die kolf aangeteken het. Union het vinnig begin lopies aanteken en het die lopies in 10 boulbeurte aangeteken. Die span verloor die wedstryd met 8 paaltjies.
Volkskool se o.11’s het hulle wedstryd met 36 lopies verloor. Die beste kolwer vir die dag in die o.11-span was Kobus Lotter. WJ Hayward was die span se beste bouler.
Die o.7’s het ook ‘n baie goeie wedstryd gespeel en wen die wedstryd 19 – 15.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za 
 Foto’s verskaf