Krieket. Hoërskool Swartland, Malmesbury, se O/19B krieket span (die “laat dit juig” span) maak weereens skoonskip! Dié span het Donderdag, 26 Oktober, teen Hoërskool Porterville se O/19A krieket span gespeel op Porterville.
Swartland het eerste gekolf en ‘n totaal van 136 lopies aangeteken in die 20 boulbeurte.
Beste kolwers:
- Stephan Malherbe – 80 lopies nie uit nie
- Matthew Ferreira – 22 lopies
Die Rockies het toe in hulle boul- en veldwerkbeurte gekeer dat Porterville die lopies behaal en hulle kon slegs 134 aanteken.
Dus wen die “laat dit juig” O/19B krieket span met 2 lopies.
Beste boulers:
- Niel Albertyn – 4 beurte, 2 paaltjies en 24 lopies afgestaan
- Inus Groenewald – 4 beurte, 3 paaltjies en 32 lopies afgestaan
Die span is sover onoorwonne vir die seisoen en die gees loop hoog!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s: Abigail Schoeman