Kovsies Smash T20 Krieket. Bethlehem Voortrekker Hoërskool se 1ste krieketspan is tans in Bloemfontein waar hulle deelneem aan die Kovsies Smash T20 Krieket toernooi. Die Trekkers het teen Hoërskool Trio van Kroonstad gespeel en het dié wedstryd met 2 paaltjies gewen.
Cecil Parsons van BVHS is ook aangewys as die speler van die wedstryd teen Hoërskool Trio. Hy het 48 lopies van slegs 28 balle met die kolf aangeteken en 3 paaltjies vir 18 lopies platgetrek.
Die span van BVHS het ook die besonderse geleentheid gehad om die tuiste van die Free State Knights (Die Mangaung Oval) te besoek.
Meer skolenuuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf