Kovsies Smash Krieket Fees. Hoërskool Fichardtpark vier vanjaar sy veertigste bestaansjaar. Hul feesvieringe skop reeds volgende week in Bloemfontein af met die Kovsies Smash Krieket Fees.
Daar bestaan ook ‘n moontlikheid dat hierdie fees ‘n jaarlikse instelling kan word. Die toernooi kan ook ‘n belangrike rol speel om te verseker dat die spel groei in minder tradisionele krieketskole. Vanaf 7 tot 11 Januarie sal sestien skole die geleentheid kry om aan die T20-toernooi in die Rosestad kragte te meet.
Boonop is daar sprake dat die nasionale T20-reeks deur Krieket Suid-Afrika weer in die nabye toekoms geloots sal word. Vir die groei van die spel is toernooie soos die Kovsies Smash Krieket Fees uiters belangrik.
Sedert hertoelating in 1991 het daar minder as ‘n handvol kolwers die Proteas verteenwoordig wat nie hul skoolloopbaan aan tradisionele krieketskole voltooi het nie. Die uittredende Dean Elgar, wat die Proteas in die laaste toets van sy loopbaan teen Indië in Kaapstad aanvoer,is een van hierdie kolwers. Elgar is ‘n produk van St Dominic’s College in Welkom.
Nog ‘n Protea-kolwer sedert 1991 wie se roete nie vanuit ‘n tradisionele krieketskool was nie, is Jimmy Cook (Hyde Park).
Die organiseerders het ook ‘n belangrike uitnodiging aan Hoërskool Despatch gestuur. Springbok rugby-afrigter was daar op skool en die skoolhoof van die skool, Colin Bartle, is die voorsitter van die SA Skolekrieket-vereniging.
Die gasheer sal teen Overvaal van Vereeniging in sy eerste kragmeting van die toernooi te staan kom. HTS Middelburg en Hoërskool Goudveld van Welkom is ook saam met Fichies in Groep A geloot.
Hoërskool Jim Fouché van Bloemfontein sal meeste van kragmetings op sy tuisveld, Joe Malherbe-veld speel. JF is saam met Hoërskool Middelburg , Bethlehem Voortrekker Hoërskool en Wesvalia van Klerksdorp geloot. Hirdie is waarskynlik die moeilikste groep van die toernooi.
Die groepe:
- Groep A: Hoërskool Fichardtpark, HTS Middelburg, Hoërskool Goudveld en Overvaal.
- Groep B: Hoërskool Jim Fouché, Hoërskool Middelburg, Bethlehem Voortrekker Hoërskool en Wesvalia.
- Groep C: Hoërskool Sentraal, Oos-Moot, Hoërskool Sasolburg en Despatch.
- Groep D: Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Kalahari (Kuruman), Hoërskool Witteberg en Hoërskool Trio (Kroonstad).
Bepalings:
Dag1 – 8 Januarie 2024 – 10:00
- Hoërskool Sasolburg vs Despatch (Fichardtpark)
- Hoërskool Sentraal vs Despatch (Bobbiespark)
- Hoërskool Kalahari vs Hoërskool Trio (Kovsies I)
- Hoërskool Witteberg vs Hoërskool Pietersburg (Kovsies II)
- HTS Middelburg vs Hoërskool Goudveld (Kovsies III)
- Hoërskool Fichardtpark vs Overvaal (Kovsies IV)
- Hoërskool Jim Fouché vs Wesvalia (Joe Malherbe)
- BVHS vs Hoërskool Middelburg (Kovsies Oval)
Dag 1 – 8 Januarie 2024 – 15:00
- Hoërskool Sasolburg vs Despatch (Fichardtpark)
- Hoërskool Sentraal vs Oos-Moot (Bobbiespark)
- Witteberg vs Kalahari (Kovsies I)
- Hoërskool Pietersburg vs Hoërskool Trio (Kovsies II)
- Hoërskool Goudveld vs Overvaal (Kovsies III)
- Fichies vs HTS Middelburg (Joe Malherbe)
- BVHS vs Wesvalia (Kovsies Oval)
Dag 2 – 9 Januarie 2024 – 10:00
- Hoërskool Fichardtpark vs Hoërskool Goudveld (Fichardtpark)
- Overvaal vs HTS Middelburg (Bobbiespark)
- JF vs Voortrekker (Kovsies I)
- Wesvalia vs HTS Middelburg (Kovsies II)
- Witteberg vs Trio (Kovsies III)
- Hoërskool Pietersburg vs Hoërskool Kalahari (Kovsies IV)
- Hoërskool Sentraal vs Sasolburg (Joe Malherbe)
- Despatch vs Oos-Moot (Kovsies Oval)
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf