)

Kleuresport 2026 – Hoërskool Riversdal atlete skitter

Kleuresport 2026. Geelspan se dag van Glorie!

Die atletiek-son het helder geskyn oor Hoërskool Langenhoven se sportvelde op 22 Januarie. Dit was toe die jaarlikse Kleuresport met groot opwinding afgeskop het. Van vroeg af was daar ’n bruisende atmosfeer. Die pawiljoen het gedreun van sang en ritmiese aanmoediging, terwyl die Geel- en Groenspan mekaar met trots en vasberadenheid tegemoetgetree het.

Op die baan het leerders hul alles gegee. Die kort- en langafstandwedlope het die toeskouers op die punt van hul stoele gehou. Die hekkies is met flair oorkom en aflosse het die spanning tot die uiterste gedryf. Op die veld het gewigstoot, diskus en spiesgooi die krag en tegniek van die atlete getoon. Hoogspring en verspring die toeskouers telkens laat juig.

Gees van sportmanskap by Kleuresport 2026

Wat die dag besonders gemaak het, was nie net die prestasies nie. Die gees van sportmanskap en samehorigheid was ook oral sigbaar. Elke deelnemer het met trots hul span se kleure gedra, en elke toeskouer het met hart en stem ondersteun.

Toe die stof gaan lê, was dit die Geelspan wat triomfantlik die Geesbeker omhoog gehou het – ’n simbool van hul onblusbare energie en samehorigheid. Hulle is ook as die algehele wenners van Kleuresport 2026 aangewys, wat die dag afgesluit het op ’n hoogtepunt van vreugde en trots.

Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://langenhovenhs.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal