Kickboxing. Keagan Smith, leerder van Welkom Gimnasium, het op Saterdag 7 Oktober deelgeneem aan die jaarlikse Battle of False Bay Kickboxing toernooi in Kaapstad.
Keagan het teen ‘n baie ervare kickboxer met 19 professionele gevegte van Kaapstad meegeding. Hy het moedig geveg, maar het snye op sy oog opgedoen wat sy sig belemmer het. Hy het derhalwe die finaal met ‘n TKO verloor. Keagan het egter ‘n silwer medalje ontvang asook ‘n silwer in die series-afdeling.
Hierdie was Keagan se eerste vol kontakgeveg sonder kopbeskerming en die gewone bokshandskoene alla UFC styl. Keagan se woorde na die geveg was: “Dis nie hoe ons verloor nie, maar hoe ons daarna weer opstaan.”
Kickboxing. Keagan Smith, learner of Welkom Gimnasium, took part in that annual Battle of False Bay Kickboxing tournament in Cape Town on Saterday 7 October.
He competed against a very experienced kickboxer with 19 professional fights from Cape Town. Keagan fought courageously, but suffered cuts to his eye that obstructed his eyesight. He therefore lost the final with a TKO. However, he received a silver medal as well as a silver in the series division.
This was Keagan’s first full contact fight without head protection and the usual boxing gloves alla UFC style. Keagan’s words after the battle were: “It’s not how we lose, but how we get back up after that.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://welkom-gimnasium.co.za/
Foto verskaf