Khaya Majola Cricket Week. 🏏 Uitsonderlike Prestasie deur Dawid Vermaak!
Hoërskool Nico Malan in Humansdorp is trots om aan te kondig dat Dawid Vermaak vir die tweede agtereenvolgende jaar gekies is vir die Oostelike Provinsie o.19 krieketspan. Dit is ‘n merkwaardige prestasie wat sy toewyding en talent bevestig.
Dawid sal die OP-span verteenwoordig tydens die gesogte Khaya Majola Krieketweek. Die Khaya Majola Krieketweek vind plaas van 16 tot 21 Desember 2025 in Bloemfontein. Hierdie toernooi is een van die hoogtepunte op die nasionale jeugkrieketkalender en bied ‘n uitstekende platform vir jong spelers om hul vaardighede teen die beste in die land te toets.
🎉 Baie geluk, Dawid! Jou harde werk en deursettingsvermoë is ‘n inspirasie vir ons almal. Ons wens jou alle sukses toe vir die toernooi — Nico Malan staan vierkantig agter jou!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf













