[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_image admin_label=”Image” src=”http://northerncape.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/08/KFC-UPPIES-MINI-KRIEKETFEES-‘N-GROOT-SUKSES-1.jpg” alt=”KFC UPPIES MINI KRIEKETFEES ‘N GROOT SUKSES” title_text=”KFC UPPIES MINI KRIEKETFEES ‘N GROOT SUKSES” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid” /][et_pb_text admin_label=”Text”]
Hoërskool Upington het hierdie jaar hulle 3de Uppies Mini Krieketfees vir 0/13 seuns op 19 Augustus 2017 aangebied. Op die dag het 8 laerskoolspanne aan die vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Op Die Voorpos A-span, Oranje-Noord A-span, Seodine A-span en Kathu A, B en C-span, Hopetown en GW Ontwikkeling. Elke span het 3 wedstryde gespeel tydens die fees. Twee T20 boulbeurt wedstryde wat deur die dag plaasgevind het en een 8 boulbeurt aandwedstryd waarna al die seuns altyd uitsien omdat hulle onder lig krieket in die aand kan speel. Die spelers het die dag en aand baie geniet en gewys waartoe hulle in staat is. Daar is ook pryse oorhandig aan die beste bouler, kolwer en veldwerker onderskeidelik.
KFC, hoofborg van die dag het ook die kinders weer bederf met heerlike KFC etes en hempies vir die aandwedstryde en `n deelname sertifikaat waarvoor geen laerskool kind nee kan sê nie.
Karsten Boerdery het weer die jaar al die afrigters bederf met `n baie mooi baadjie waaroor die afrigters gaande was en nie oor kon ophou praat nie. Wat die gees ekstra lekker gemaak het vir al die afrigters was die mooi krieket wat hulle kon geniet onder hul gazebo.
Dit was `n groot sukses en almal het dit gate uit geniet. Die braaivleisvure het hoog gebrand saam met goeie vriendskappe tussen die ouers en afrigters.
Uppies het dit baie waardeer om die laerskole hier te kon hê en sodoende te kan help met die groei van krieket hier op ons platteland.
Hoërskool Upington bedank vir KFC, Karsten Boerdery en Kgalagadi Signs wat die dag geborg het. Baie dankie vir julle betrokkenheid by Hoërskool Upington en dan spesifiek ook by krieket. Dit word opreg waardeer.
Foto
Beste Bouler – Hendry Nieuwoudt (Seodin)
Beste Veldwerker – Adriaan Myburgh (Oranje Noord)
Beste Kolwer – Junaid Jood (Hopetown)
Jannetje Slabbert (Karsten Boerdery)
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]