Junior SA Toutrek Kampioenskappe. Hoër Landbouskool Oakdale se Bulle het die afgelope naweek aan die Junior SA Toutrek Kampioenskappe in Kimberley deelgeneem. Hulle het weereens bewys dat harde werk beloon word.
Die volgende uitslae is behaal:
- 400 kg Afdeling: A – Goud, B – Brons
- 440 kg Afdeling: A – Goud, B – 4de
- 480 kg Afdeling: A – Goud, B – 4de, C – Goud in plaat-afdeling
- 520 kg Afdeling: A – Brons, B – 4de
- 560 kg Afdeling: A – Goud, C – Goud in plaat-afdeling
- 600 kg Afdeling: A – Goud
Baie geluk aan die 560kg A-span wat dan ook, as die nuwe Proteaspan, Suid-Afrika gaan verteenwoordig by vanjaar se Wêreldkampioenskappe wat September in Duitsland plaasvind.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf