Junior hokkiespelers op Astro: Daar was groot vrolikheid op die Astro van Uppies. Die Juniors van sommige skole het ‘n hokkiekliniek by Uppies bygewoon, en die talent was volop. Meer as 200 junior hokkiespelers het deelgeneem aan die kliniek op Uppies se Astro. Dit is aangebied deur ‘n groep entoesiastiese afrigters van Hoërskool Upington. Sommige van die spelertjies was skaars hoër of langer as hul hokkiestokke, maar hulle het met mening hokkie gespeel.
Uppies bedank alle ouers wat hul jong talent aan die bekwame Hoërskool Upington hokkie afrigters toevertrou het. Al die hokkiespelertjies het verseker die dag op Uppies se Astro baie geniet.
Sonder ongelooflike borge is geen geleentheid soos hierdie moontlik nie. Hiermee bedank Uppies Hokkie die borge vir hul bydraes om hierdie dag ‘n sukses te maak: Superspar Kalahari Mall, Intertekens Upington, Upington Toyota, Danie Janse van Rensburg.
Daar word gedurende Oktober weer ‘n kliniek aangebied. Almal word uitgenooi om weer te kom leer en saamspeel op Uppies se Astro.
Foto’s verskaf
Lees meer oor Uppies: