)

Johané van Aswegen van Hoërskool Adamantia vertel meer oor die skool

Johané van Aswegen

Hier by Hoërskool Adamantia in Kimberley is elke leerder baie belangrik. Almal ken mekaar op die naam en saam is ons een groot familie.

Adamantia het ‘n wye verskeidenheid sportsoorte om van te kies en leerders kan selfs by skaak, landiens en karate aansluit. Hierdie is maar net ‘n paar van die aktiwiteite wat ons hier by Hoërskool Adamantia bied.

Tydens pouses hou Arend.fm jou stembande warm met verskillende gepaste genres van musiek en na skool kan jy selfs by ons gimnasium aansluit vir ‘n spierbou sessie.

By Adamantia hou ons ons christelike waardes hoog deur elke Woensdag ‘n VCSV periode te hou waar ons die Here loof en prys.

Ons wonderlike span onderwysers sal jou ook nooit in die steek laat nie. Hulle stap altyd die ekstra myl vir hulle leerders en huiwer nooit om hulp aan hulle te verleen nie. Hulle het ‘n visie vir elkeen en verseker dat jy dit bereik. Danksy Addies se onderwysers kan ek volgende jaar my drome voortleef.

Kom wees volgende jaar deel van Addie-nes en wees gereed vir die mees onvergeetlike 5 jaar van jou lewe!

Sien ook ons video hiernaas!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal