Johané van Aswegen
Hier by Hoërskool Adamantia in Kimberley is elke leerder baie belangrik. Almal ken mekaar op die naam en saam is ons een groot familie.
Adamantia het ‘n wye verskeidenheid sportsoorte om van te kies en leerders kan selfs by skaak, landiens en karate aansluit. Hierdie is maar net ‘n paar van die aktiwiteite wat ons hier by Hoërskool Adamantia bied.
Tydens pouses hou Arend.fm jou stembande warm met verskillende gepaste genres van musiek en na skool kan jy selfs by ons gimnasium aansluit vir ‘n spierbou sessie.
By Adamantia hou ons ons christelike waardes hoog deur elke Woensdag ‘n VCSV periode te hou waar ons die Here loof en prys.
Ons wonderlike span onderwysers sal jou ook nooit in die steek laat nie. Hulle stap altyd die ekstra myl vir hulle leerders en huiwer nooit om hulp aan hulle te verleen nie. Hulle het ‘n visie vir elkeen en verseker dat jy dit bereik. Danksy Addies se onderwysers kan ek volgende jaar my drome voortleef.
Kom wees volgende jaar deel van Addie-nes en wees gereed vir die mees onvergeetlike 5 jaar van jou lewe!
Sien ook ons video hiernaas!