Jim Fouché Vrystaat Netbalspanne. Hoërskool Jim Fouché is baie trots op hul elf netbalspelers wat in verskeie Vrystaat Netbalspanne opgeneem is.
Die volgende netbalspelers van Jim Fouché behaal Vrystaatspanne: Lesedi Sebiloane (o/15); Dimpho Totola (o/15); Brenscha Badenhorst (o/17); Nicolé Taljaard (o/17) ; Zandré Venter (o/18) en Shané Griebenow (o/18).
Lees meer oor Jim Fouché:
Jim Fouché Sport – Erekode
Jim Fouché speel om te wen.
Nie vir glorie nie, maar vir die trots van die skool.
Met oorgawe, maar gedissiplineerd.
Vir die kameraadskap wat deur elke oefening en elke punt opgebou word.
Om elke wedstryd, hoe belangrik ookal, die beste geleentheid te maak.
Met ons oë gerig op die wenstreep & ons harte gerig op God.