JF SPAR Hokkie. Hoër Meisieskool Oranje se o.16A-hokkiespan het Woensdag, 27 April, die JF/SPAR hokkie toernooi gewen. Hulle het in die proses 17 doele aangeteken en 0 afgestaan.
OMS het Eunice in die eindstryd met 2-0 geklop. Op pad na die kroon is oorwinnings ook oor Duineveld (4-0), Fichardtpark (6-0), Goudveld (3-0) en Witteberg (2-0) behaal. Oranje se o.16A’s is tweede op die jongste nasionale ranglys.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf