IPSC National Championships Level 3. Leibrandt se uitmuntende prestasie by Nasionale Kampioenskappe.
BVHS is trots om aan te kondig dat Leibrandt, leerder van BVHS, hierdie naweek aan die IPSC National Championships Level 3 in Polokwane deelgeneem het. Die kampioenskappe het meer as 300 skuts van regoor Suid-Afrika gelok, wat oor 18 uitdagende bane meegeding het.
Leibrandt het met groot toewyding en vaardigheid uitstaande resultate behaal:
- 4de Algeheel in die 21–60 jaar kategorie
- 3de Juniors in die 18–21 jaar kategorie
- 4 Stage Wins
Hierdie prestasie merk sy laaste plaaslike kampioenskappe voordat hy in Junie na Hongarye vertrek om Suid-Afrika te verteenwoordig by die IPSC European Open.

BVHS spreek sy waardering uit vir Leibrandt se harde werk, fokus en deursettingsvermoë, en wens hom alle sukses toe met sy voorbereiding en deelname aan die Europese kampioenskappe.
Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








