Interskole Tennis. Bethlehem Voortrekker Hoërskool het vandag, 28 Julie, vriendskaplike tenniswedstryde gespeel teen Hoërskool Sentraal van Bloemfontein. Die wedstryde het plaasgevind voor Saterdag, 29 Julie, se wintersport-kragmeting op Bethlehem Voortrekker Hoërskool se bane.
Enkels en gemengde dubbels is gedurende die dag gespeel. BVHS het oortuigend gewen met 28 punte teenoor 13.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto’s verskaf