Interskole Swem. Hoërskool Swartland, Malmesbury, het vir die 3de jaar in ‘n ry skoonskip gemaak by die interskole swem gala teen Hugenote Hoërskool van Wellington. Swartland stap nie net as die oorwinnaars weg nie, maar het ook met ‘n paar nuwe rekords in die sakkie.
Die uitslae van die swemgala:
- Swartland wen 28 van die 48 items
Nuwe rekords (slegs deur Swartland):
- Aiden Foot – 50m Vlinderslag: 27,54 sekondes
- Aiden Foot = 50m Rugslag: 28,20 sekondes
- Aiden Foot = 100m Rugslag: 1:00,68
- o/19 seuns Wisselslag-aflos: 56,75 sekondes
- o/19 seuns Vryslag-aflos: 49,41 sekondes
Die Rockies wen die interskole swemgala met 636½ punte teenoor Hugenote se 589½ punte.
Uitstekende uitslae wat gepaard gaan met ‘n uitmuntende dag!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf