Interprovinsiale Tennistoernooi. Gedurende die naweek van 18 tot 22 Maart, het vyf van Hoërskool Outeniqua in George se leerders Eden by die Interprovinsiale Tennistoernooi (IPT) in Pretoria verteenwoordig.
Hierdie O/19 span het met baie uitdagings hulle goed van hulle taak gekwyt. Met twee WP spelers wat uitgehelp het, graad 8 en 9 leerders wat opgetrek is om O/19 te speel. Verder het die span mekaar glad nie goed geken het nie. Ongeag die struikelblokke het hulle nogtans agtste geëindig.
Die toernooi het uit 16 spanne bestaan. Om ‘n agtste plek te behaal was baie goed. Die span het uit 12 leerders bestaan waarvan 5 Hoërskool Outeniqua leerders is.
Die 5 Kwaggas was Shané Buitendag by die dogters en Ivan Koen, Willem Breytenbach, Kyle Baker en Darren Muller by die seuns.
Baie geluk aan hierdie leerders
#kwaggatennis#kwaggasport#kwaggatrots
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za