Interdistrikte Tennis. Verskeie Erries is in 2022 gekies vir die Interdistrikte-tennisspan: Mariska van Biljon (o.19), Madri van Niekerk, Wianke Cloete, Elizma Swart en Dick Rouillard (o.15).
Vanaf 26 tot 28 Augustus het Mariksa, Madri en Dick aan die Interdistirkte Tennis Toernooi gaan deelneem. Elizma en Wianke kon ongelikkig nie die toenooi bywoon nie.
Die spanne waarin die Erries tydens die Interdistrikte Tennis was, het goed presteer: die o.15-Hoëveldspan behaal ’n derde plek in die o.15-liga. Die o.19-Hoëveldspan eindig eerste in die o.19-liga en behaal ’n algehele derde plek in die toernooi.
Baie geluk aan elke Errie wat vir die span gekies is en vir dié wat die toernooi bygewoon het en uitstekend presteer het. EHS is besonder trots op die tennis en die sukses wat die Erries behaal op die tennisbaan.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








