Die inwoners is deur Me. Swanepoel (matrone) en Mnr. Botha (Superintendent) met ‘n burger-braai en ‘n “dodgeball” uitdaging bederf.
Die spanne moes die wind trotseer en die bal het nie altyd in die regte rigting getrek om die kol te tref nie. Nog minder het hulle al die reëls van die spel verstaan. Chaos!! Die spanne het egter deurgedruk en die wind aangedurf.
Mnr. Botha het intussen sy eie stryd met die wind gevoer – hy moes die “patties” op die kole gaarkry! Nie ‘n maklike taak as die wind met die kole dans nie!
Na ‘n keer-hier en ‘n keer-daar is die vleisies gaar en die res van die burger-bestandele op die tafel uitgepak. ‘n Klomp honger seuns en dogters het op die tafels toegesak en die personeel moes spring om ook ietsie te kry. Die ete is met ‘n heerlike soet-bederf afgesluit.
Me. Swanepoel is reeds vanaf Januarie 1984 by Huis Pepler betrokke en haar man, Mnr Kobus Swanepoel (onderhoof) was vir 23 jaar by die koshuis betrokke.
Onder leiding van Me. Swanepoel en Mnr. Botha is Huis Pepler ‘n puik georganiseerde koshuis en elke ete is ‘n bederf!
Aangeheg ‘n groepfoto van die inwoners en personeel.
Become a Sponsor