[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]
Op 23 Junie, toe die meeste van HS Strand se leerders al heerlik vakansie gehou het, het die onder 16-rugbyspelers teen ‘n Franse onder 17-rugbyspan ‘n vriendskaplike wedstryd gespeel. Die klubspan (wat van ‘n verskeidenheid skole kom op die Franse platteland af kom), het die spangees en samehorigheid tussen die Strand-spelers baie aangenaam en interessant gevind. (Hulle ken nie skolesport nie – dit word slegs op klubvlak beoefen.)
Alhoewel daar ‘n baie groot punteverskil in die finale puntestand was (ten gunste van HS Strand) was daar na die wedstryd ‘n wonderlike gesindheid en kameraderie onder die twee spanne. Daar is lustig klere uitgeruil – om hierdie stukkie ervaring met die buitelanders op sigbare wyse te onthou.
[/et_pb_text][et_pb_image _builder_version=”3.0.105″ src=”https://westerncapect.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2018/07/Hoërskool-Strand-maak-kennis-met-die-Franse-Toerspan.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” always_center_on_mobile=”on” force_fullwidth=”off” show_bottom_space=”on” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]