Jay-F van den Heever, gr 12 leerder van HoĆ«rskool Upington, het die vakansie ‘n besonderse prestasie behaal deur verkies te word tot Presidentsverkenner van die Voortrekkers.
Dit is die hoogste vlak wat ‘n skoolgaande kind kan bereik.
Dit vat jare se toewyding en opoffering om die toekenning te kry en nie almal slaag daarin nie.
Jay-F is vanjaar die enigste een van sy Kommando om te kwalifiseer.
Baie geluk, Jay-F!
Become a Sponsor









