Hoofseun Hans Moore. In ons reeks oor hoërskole se hoofleiers vir volgende jaar, gesels Schools That Rock met Luan Zeelie. Luan, Hoofseun van Hoërskool Hans Moore, Benoni in Gauteng, vir 2023, vertel ons meer van homself en sy leierskap.
“My naam is Luan Zeelie. Ek is tans in Graad 11. Ek is verkies as Hoofseun van Hoërskool Hans Moore. My gunsteling skoolvak is fisiese Wetenskap en ek hou van verskillende soorte sport. In my vrye tyd genier ek dit om na musiek te luister en om skaatsplank te ry. Ek spandeer graag ook tyd saam met my jonger broer en tweejarige sussie. Dit is nou reeds die derde jaar wat ek gekies is as lid van die VRL van Hoërskool Hans Merensky. My leierskap het baie gegroeiin die laaste paar jaar. Ek is ‘n hardwerkende leier, vriendelik maar ferm. Ek probeer altyd om ‘n bietjie pret in die leierskap in te werk. Om ‘n goeie luisteraar te wees en te help waar ek kan, is iets waarna ek streef. Respek, eerlikheid en betroubaarheid is die fondasie van my leierskap.
My persoonlike doelwit is om my akademiese prestasie te behou en ek wil ook sukses behaal in my sport. Verder streef ek ook daarna om die beste hoofleier in die geskiedenis van Hoërskool Hans Moore te wees. Ek wil ook graag toelating kry om medies te studeer.
Gedurende my dienstydperk is my doelwitte om hard werk om die VRL te verbeter. Om ons skool ‘n plek te maak waar elke leerder veilig en gelukkig voel, is ook my doelwit. Ek wil ook ons skool saamtrek deur meer pret-aktiwiteite te reëlom sodoende die leerders meer betrokke te kry. Sodoende kan ons die gees van die skool versterk.
Grootste uitdaging
Die grootste uitdagings wat ek ervaar het as leerder van Hans Merensky, was aan die begin van my hoërskool loopbaan. Ek het gesukkel om vriende te maak en dit was vir my moeilik om voor mense te praat.
Wat vir my die meeste uitstaan by ons skool, is die waardes van Hans Merensky – Respek, lojaliteit, selfdissipline, Christelike Waardes, integriteit vind aanklank by my waardes.
Die persoon na wie ek die meeste opsien vir inspirasie en mentorskap, is my Ma. Sy is hardwerkend, eerlik, sy kan vinnig dink aan oplossings, sy luister en gee my advies. Sy gee my ook kans om self te leer en sy ondersteun my altyd honderd persent.
Kombuis-artikel
Om myself te beskou as ‘n kombuis-artikel, sou ek sê ek sal ‘n pan wees. Soos ‘n pan verskillende soorte kos kan maak kan ek verskillende soorte inliligting inneem en kan ek ook verskillende idees saamsit. ‘n Pan buig nie onder hitte nie. Soos ‘n pan vou ek nie onder druk nie en ek kan uit my foute leer. Soos ’n pan ’n spaan nodig he, kan ek saam met ander werk en ander ondersteun.
My vriende sou my beskryf as vriendelik, eerlik, pret, ‘n bok vir sport en vertroubaar. Hulle sou my ook beskryf as altyd bereidwillig om te help.
Wat my motiveer om my ideale as Hoofseun van Hoërskool Hans Moore te bereik, is om te weet dat my harde werk en deursettingsvermoë my sal help om groter persoonlike en professionele sukses te behaal.
Ek sou leerders aanraai om by Hoërskool Hans Moore aan te sluit want is daar ‘n plek vir elke leerder om uit te staan, om te groei en ‘n beter weergawe van jouself te wees.
My gunsteling onderwyser is Mnr Kemp. Hy luister graag na enige leerder en hy het ‘n vriendelike en rustige geaardheid. Dit is maklik om met hom te praat oor enigiets, van probleme tot iets onbenullig. Hy veroordeel niemand en almal is ewe belangrik by hom. Hy sit moeite en omgee in alles wat hy doen, hy is pret en maak sy klas altyd interessant.
My toekoms-ideale is om my doelwitte te bereik, om my beste te gee en uit elke mislukking en sukses te leer. Verder ook om ‘n gelukkige individu in die samelewing te wees, om ’n rolmodel te speel en ander te inspireer. Ek moet ook onthou dat ek het net één lewe het en ek moet die beste daarvan maak.
Head Boy Hans Moore.
In our series on high schools’ Head Leaders for next year, Schools That Rock talks to Luan Zeelie. Luan, Head Boy of Hans Moore High School, Benoni in Gauteng, for 2023, tells us more about himself and his leadership.
“My name is Luan Zeelie. I am currently in Grade 11. I was elected Head Boy of Hans Moore High School. My favourite school subject is physical Science and I like different types of sports. In my free time, I enjoy listening to music and I do skateboarding. I also like to spend time with my younger brother and two-year-old sister. This is already the third year that I have been selected as a member of the RCL of Hans Merensky High School. My leadership has grown a lot in the last few years. I am a hardworking leader, kind but firm. I always try to incorporate a little bit of fun into the leadership. Being a good listener and helping where I can is something I strive for. Respect, honesty and trustworthiness are the foundation of my leadership.
My personal goal is to maintain my academic performance and I also want to succeed in my sport. Furthermore, I also aspire to be the best Head Leader in the history of Hans Moore High School. I would also like to get admission to study medicine.
Biggest challenges
The biggest challenges I experienced as a learner of Hans Merensky were at the beginning of my high school career. I struggled to make friends and it was difficult for me to speak in front of people.
What stands out most to me at our school are the values of Hans Merensky – Respect, loyalty, self-discipline, Christian values, integrity resonate with my values.
The person I look up to the most for inspiration and mentorship is my Mom. She is hardworking, honestly, she can think quickly of solutions, she listens and gives me advice. She also gives me a chance to learn on her own and she always supports me one hundred percent.
To consider myself a kitchen article, I’d say I’d be a pan. As a pan can make different types of food, I can take different types of information and can also put different ideas together. A pan does not bend under heat. Like a pan, I don’t fold under pressure, and I can learn from my mistakes. As a pan needs a paddle, I can work with others and support others.
Friends
My friends would describe me as friendly, honest, fun, a goat for sports and trusting. They would also describe me as always willing to help.
What motivates me to achieve my goals, is to know that my hard work and perseverance will help me achieve greater personal and professional success.
I would advise learners to join Hans Moore High School because there is a place for every learner to stand out, to grow and be a better version of yourself.
My favourite teacher is Mr. Kemp. He loves to listen to any learner, and he has a friendly and calm nature. It’s easy to talk to him about anything, from problems to something trivial. He does not condemn anyone, and everyone is equally important with him. He puts effort and care into everything he does, he’s fun and he always makes his class interesting.
My future goals are to achieve my goals, to give my best, and to learn from every failure and success. Furthermore, to be a happy individual in society, to play a role model and to inspire others. I also must remember that I only have one life and I must make the best of it.
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
Photo supplied