)

Hoofseun 2025 – Hoërskool Jim Fouché

Hoofseun 2025. Soos die afgelope aantal jare, gesels Schools That Rock vanjaar weer met die Hoofleiers van Hoërskole in Suid-Afrika. Ons gesels ook met die, Hoofseun 2025 van Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, Jaco Deysel.

“As Hoofseun 2025 sien daarna uit om stereotipes te breek. Hoërskole is ‘n broeikas vir skadelike stereotipes en boksies, en ek sien uit om deur my leiersposisie die vooropgestelde idees van wat en wie “leiers” is in my skool en gemeenskap reg te stel.

My persoonlike doelwit vir hierdie jaar is om toe te laat dat dié leiersposisie my vorm. Ek streef daarna om te groei in my sosiale vaardighede en ook in my empatisering. Groei vind slegs plaas buite my gemaksones. My doel is ook om my skool, en meer belangrik, die leerders daarvan, op ‘n beter plek te los as hoe ek hulle ontvang het. Ek wil hê hulle moet besef dat skool op sigself maklik vergeetbaar is. Daarenteen dat die manier waarop hul mekaar behandel die langlewende impak agterlaat.

Jim Fouché, sy leerders en sy onderwysers vorm ‘n familie. By JF word daar seker gemaak dat daar werklik ‘n plekkie vir almal is om in te skakel, deel te neem en deel te vorm van die JF-familie. Indien iemand voel dat daar nie ‘n plek vir hulle by JF is nie, word daar moeite gedoen om ‘n plek te maak! Hierdie is die eienskappe van Hoërskool Jim Fouché wat die meeste uitstaan.

Aanpassings/ veranderinge

Ek wil graag sekere aanpassings/ veranderinge sien gebeur. Ek sal die leiersrange by JF wil aanpas. Die VVK’s (Verteenwoordiger van klas) word aansienlik anders hanteer en gerespekteer in vergelyking met die VRL (Verteenwoordigende raad van leerders), alhoewel beide ‘n belangrike leierposisie by JF beklee. Deur vir beide die VVK’s en VRL’s dieselfde geleenthede en aanmoediging te gee, dink ek dat meer leerders die VVK’s sal respekteer.

Ek het opgelet dat daar ‘n wanpersepsie in JF oor die VVK’s en VRL is. Daar word gedink dat die VRL- of VVK- balkie van jou ‘n “hoër” persoon maak. Dat dit vir jou status gee. Ek dink dit is juis die teenoorgestelde. Ek wil, as ‘n leier, daardie wanpersepsie in my skool regstel. ‘n Voorbeeld kan deur my gestel word deur te bewys dat, as ‘n leier, dit nie jou werk is om populariteit te wen nie. En dit is nie ‘n luuksheid soos baie mense dink nie. Dis ‘n geleentheid om jou skool te dien en veranderinge te maak.

Ek glo elke leerder het die reg om die skoolkeuse te maak wat húlle en hul ouers pas. Ek kan nie daardie keuse namens iemand maak nie. Maar, wat ek kan sê, is dat JF een van die effektiefste boeliebeleide in Bloemfontein het. By JF word daar op aanspreeklikheid vir jou woorde gehamer. Bullebakkery by JF word uitgeroei die oomblik wat daar ‘n geval daarvan voorkom.

Sterkste leierseienskap

My sterkste leierseienskap, glo ek, is dat ek onbaatsugtig is en nie populariteit najaag in die posisie nie. Dit laat my toe om die waarheid te kan praat en op te staan vir die regte dinge by JF, sonder om oor gewildheid bekommerd te raak.

Om samewerking van my span te ontvang? Toewyding is niks anders as ‘n positiewe kopskuif nie. Dit is só belangrik dat ek positiwiteit in my span saai, al voel ek negatief. Wanneer mense negatief begin raak, begin hul koppe stamp. En dan wil niemand saamwerk nie!

Behalwe dat ek na Die Here opsien, kyk ek baie op na JF 2022 se hoofseun, Lourens van Niekerk. Hy was die eerste hoofseun wat ek gesien het wat die stereotipiese idee van wat ‘n leier of hoofseun moet wees, totaal en al gebreek het. Net die blote feit dat hy hom nie gesteur het aan die negatiewe kommentaar nie, en nog steeds bowenal só ‘n sterk impak op JF gemaak het, het my geïnspireer.

Dagdroom

As ek dagdroom, dagdroom ek oor my hondjies!!! My beste vriende is my 6 honde by die huis, wat op selfs die slegste dae ‘n glimlag op my gesig kan sit. (My gunsteling se naam is Mannetjie!!!)

As ek ‘n kombuisartikel sou wees, sou ek ‘n mes gewees het. Ek is baie trots op my eerlikheid, en dit werk amper soos ‘n mes. Dit is wel baie belangrik HOE jy hierdie mes gebruik, want dit kan die waarheid van die valsheid lossny, of dit kan mense seermaak.

My gunsteling gereg is doodgewone pasta met romerige kaassous. Geen tierlantyntjies nie! Net pasta en kaas!

Na skool wil ek wil graag Aktuariële Wetenskap by die Universiteit van Kaapstad studeer. Ek het ‘n baie groot liefde vir Wiskunde, Ekonomie en programmering! Probleemoplossing is vir my soos kos vir die brein.”

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://jf.co.za

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal