)

Hoofseun 2025 – Hoërskool Henneman

Hoofseun 2025. Die afgelope aantal jare het Schools That Rock onderhoude gepubliseer van Hoofleiers afkomstig van verskeie hoërskole in Suid-Afrika. Hierdie jaar maak ons weer so en vandag gesels ons met Franco Marx, Hoofseun 2025 van Hoërskool Henneman.

“As Hoofseun 2025 van Hoërskool Henneman, sien ek die meeste daarna uit om die skool se naam hoog te hou. Dit sal gebeur deur die leerders te motiveer en te inspireer om die beste weergawe van hulself te kan wees. Hulle moet ook trots wees op ons skool.

My doelwitte vir my leierskapjaar is om ‘n goeie voorbeeld te kan wees vir almal om my. Verder ook om ‘n aansteeklike liefde vir ons skool te kweek by die leerders en die gemeenskap.

Die eienskap van ons skool wat vir my die meeste uitstaan is die feit dat Hoërskool Hennenman soveel
as moontlik Christenskap onder leerders wil bekend maak. Ons word ook aangemoedig om die Woord van die Here deel van ons alledaagse lewens te maak.

Aanpassings

Aanpassings of veranderinge wat ek dink ons nodig het by Hoërskool Henneman, is dat ek graag wil hê dat die gees van die leerders sal verbeter. Ons leerders moet ook meer trots op ons skool wees.

Om iemand te oorreed om Hoërskool Henneman hul keuse van skool te maak, sal ek hulle vertel van die Christelike waardes waarop ons skool funksioneer. Ek sal hulle ook inlig oor die uitstekende onderrig wat ons ontvang. Ons onderwysers is ook altyd bereid om die ekstra myl vir jou te stap. Hulle offer ook hul tyd op om ekstra klasse aan te bied. Ons onderwysers is ook daarvoor bekend dat individuele aandag aan leerders gegee word.

My sterkste leierseienskap is om mense na my toe aan te trek deur hulle betrokke te laat
voel. Ek luister ook graag na ander se opinies en prys hulle wanneer hulle goeie werk lewer. Wanneer dit nodig is, spreek ek hulle ook op ‘n ordentlike manier aan.

Ek kry samewrking van my span deur hulle te motiveer en te laat verstaan dat ons niks uitgerig sal kry as ons nie elke individu se samewerking kry nie.

My ouers is die twee mense na wie ek die meeste opsien. Hulle is albei hardwerkende mense met baie verskillende persoonlikhede. Dit wys my wanneer om van my emosies gebruik te maak en wanneer
om my eie opinies en emosies opsy te skuif.

Ek dagdroom oor my toekomstige self waar ek al my doelwitte bereik het en die beste
weergawe van myself kon word.

My gunstelling gereg is Spur se Buffalo Wings.

Wat my loopbaan betref, sal ek graag ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester wil word. My universiteit van keuse is NWU Pukke.”

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hsh.co.za/

Foto verskaf

Sponsored By

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal