)

Hoofdogter 2025 – Hoërskool Goudveld

Hoofdogter 2025. Die afgelope aantal jare het Schools That Rock onderhoude gepubliseer van Hoofleiers afkomstig van verskeie hoërskole in Suid-Afrika. Hierdie jaar maak ons weer so en vandag gesels ons met Mia de Jonge, Hoofdogter 2025 van Hoërskool Goudveld in Welkom.

“As Hoofdogter 2025 van Hoërskool Goudveld, sien ek vir my leierskapjaar die meeste daarna uit om ‘n goeie voorbeeld vir die ander kinders te stel en God se lig deur my te laat skyn.

My persoonlike doelwitte vir my leierskapjaar is om elke taak met entoesiasme en goeie voorbereiding aan te pak.

Eienskappe van Hoërskool Goudveld

Die eienskappe van Hoërskool Goudveld wat vir my die meeste uitstaan is ons geesdrif en eenheid.

Ons skool is in ‘n uitbreidings tydperk. Ons is besig om baie verbeteringe aan die skoolgronde aan te bring. Ek sien uit na die uitkoms van al die projekte. Persoonlik dink ek Hoërskool Goudveld benodig nog net ‘n swembad!

Om iemand te oorreed om ons skool hul keuse van skool te maak, sal ek sê dat Goudveld-Hoërskool ‘n vooruitstrewende Christelike skool met goeie waardes is. Hier kan jy net jouself wees. Hier het elke kind ‘n plekkie.

My sterkste leiers-eienskap is my vermoë om mense te organiseer en beheer te neem. Om samewerking van my span te verkry lei ek met voorbeeld en dade, nie net met mooi woorde nie.

Na wie ek opsien

Die persoon na wie ek die meeste opsien is my ma. Sy is ‘n wonderbaarlike vrou. Sy is selfversekerd en standvastig in haar geloof. Ek wens om eendag die helfte van ‘n vrou te wees wat my ma is.

Ek dagdroom graag om om die wêreld te reis en nuwe ervarings en uitdagings te beleef.

My gunsteling gereg is beslis pampoenkoekies.

Indien ek ‘n kombuis-artikel sou wees, sou ek ‘n mikrogolf wees. Die rede – ek werk vinnig en effektief.

My toekomstige loopbaan? Die Here het nog nie die toekoms vir my behoorlik openbaar nie. Tans bid ons nog daaroor. Matt 6:34 – Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môrebring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://goudveldhs.co.za/

Foto verskaf

Sponsored By

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal