Honderd 1Ste Netbalspan wedstryde. Hoërskool Fichardtpark vier ’n historiese mylpaal: 100ste Eerstespan-wedstryd vir Leilani Gertenbach.
Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein is trots om ’n merkwaardige prestasie te vier: Leilani, het haar 100ste wedstryd vir die span gespeel.
Leilani beliggaam die waardes van Fichies — met toewyding, integriteit en passie, op én van die baan. Sy is nie net ’n talentvolle speler nie, maar ook ’n inspirerende leier, lojale spanmaat en rolmodel vir elke netbalspeler in Fichardtpark.
Hierdie mylpaal is ’n bewys van haar volgehoue harde werk, deursettingsvermoë en liefde vir die sport. Ons skoolgemeenskap eer haar vandag met groot trots en dankbaarheid.
Baie geluk, Leilani, met hierdie besondere prestasie!

Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










