Seunshokkie Liga. Hoërskool Ermelo se seunshokkie spanne het Woensdag 3 April teen Hoërskool Piet Retief te staan gekom ih hokkie liga wedstryde .
Die o.16 span het ’n baie gelyke stryd gevoer, maar EHS wen die wedstryd 6 – 3. Erries se doelskieters is Dian van Aarde (1), Nathan Herbst (1), Sean Mashinini (3) en Paul Snyman (1).
Die Hoërskool Ermelo Zuidvaal eerste seunshokkie span het ‘n uitdagende wedstryd gespeel, maar verloor in ’n goeie wedstryd met 1-3. EHS se doel was vanaf ’n “penalty stroke” deur Armand Coetzer geskiet.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf