Hokkie kapteins. In ons reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met Anika Otto. Anika is die kaptein van Hoërskool Punt in Mosselbaai, se 1ste meisies hokkiespan. Sy teken vandag die drie-en-twintigste doel aan in ons reeks oor Hokkie Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika.
“Ek speel hokkie vandat ek skool toe is. Ek het in Graad 1 my liefde vir die sport ontdek. Die rede waarom ek van hokkie hou, is omdat ek myself kan wees en dit ten volle kan geniet. Op die hokkieveld kan ek afskakel en my kop skoon kry. Ek het besluit om hokkie te speel omdat ek iemand is wat daarvan hou om buite te wees en in ‘n span te speel. Ek hou daarvan om mense rondom my te kan motiveer en ons mekaar kan bystaan en goeie tye op en van die veld te hê.
My gunsteling professionele hokkiespeler is Austin Smith. Hy is ‘n goeie voorbeeld van ‘great’ deursettingsvermoë en het definitief vir ons gewys dat harde werk beloon sal word.
Tans speel ek ‘center link’, maar regdeur my hokkie-jare het ek ondervinding opgedoen deur in al die posisies te speel en uit te toets.
In die laerskool was dit nie regtig nodig vir kapteine nie, maar ek is vir die eerste keer as kaptein gekies in my Graad 7 jaar. My grootse taak as hokkie kaptein is vir seker om almal heeltyd positief te hou en te motiveer. Tydens ‘games’ sak ‘n mens se moed vinnig. Daarom sal ek my spanlede moed inpraat en raad gee so ver as moontlik. Ek is ook verantwoordelik om foute wat ek raaksien, te verbeter of ‘challenges’ aanpak op verskillende maniere.
Oefeninge
Ons span oefen drie keer per week en speel meestal Saterdae ‘games’ teen ander skole. Ek het nie regtig my eie oefenprogram nie, maar dis belangrik om aan jou fiksheid en ‘skills‘ te werk. Jy moet dit op jou eie tyd en gereeld doen. Die bekwaamhede waaroor ‘n goeie hokkiespeler moet beskik is uithouvermoe, positiwiteit, dissipline, balans en ‘strength‘.
My sleutel tot sukses op die hokkieveld is om my beste te gee en aan te hou tot op die einde. Ek gee nooit op nie.
Wat my, as hokkie kaptein, elke keer inspireer wanneer ek op die hokkieveld stap vir ‘n wedstryd, is om saam met ‘n ‘amazing’ span ons ‘goals’ te bereik. Dít na lang ure se harde werk en oefening, om te spring van blydskap wanneer die bal die ‘boks’ tref en ons met ‘n wen kan huistoe stap. Wat my ook inspireer is om met trots my skool te verteenwoordig en Punt se naam hoog te hou.
Lekkerste wedstryd
In my loopbaan tot nou, sal ek definitief sê dat die ‘finals‘ van vanjaar se AJ Sportweek my lekkerste wedstryd ooit was. Ons het die sportweek gewen en al die ‘girls’ het hul harte uitgespeel. Almal het só hard gewerk om dit te bereik…ons het tot op die laaste sekonde ons alles gegee. Tydens die sportweek het ons só baie geleer van mekaar en om saam met mekaar te speel en die ‘game’ te kan verstaan.
Die wedstryd wat ek gou wil vergeet is die Worcester Gimnasium ‘game‘. Ek dink ons kon definitief gewen het. Ons ‘girls’ se koppe het gesak, maar ons het die vermoë gehad om hulle te wen. Van daardie wedstryd het ek geleer dat mens nooit jou kop moet sak wanneer jy agter is nie. Jy moet net nog harder werk om te bereik wat jy wil. Jy moet terug ‘fight’ tot op die einde.
Om druk op die hokkieveld te hanteer, probeer ek kalm bly sover as wat ek kan. Ek laat myself onthou dat dit net ‘n ‘game’ is wat ons doen om dit te geniet. Ek probeer ook positief bly en net rustig raak om mooi te dink oor die ‘game’.
Motivering
As hokkie kaptein motiveer ek my span deur te probeer rustig bly en net almal te motiveer en moed in te praat. Deur goeie kommunikasie tussen mekaar en goeie geleenthede te skep vir almal om te verbeter, asook vir onsself ‘n doelwit te stel, is onontbeerlik.
My huidige top 5 prioriteite in die lewe: ‘self care’, ‘education’, ‘improvement’, gesonde verhoudings, om gelukkig te wees.
My raad aan beginners in hokkie is om nooit op te gee nie en werk hard as jy iets wil bereik. Onthou “a journey of a thousand miles begins with a simple step”. Ons was almal ook beginners.
Ek kyk nie regtig na hokkie op TV nie, maar geniet dit om skole-hokkie te ‘livestream’ wanneer groot skole teen mekaar speel.
Ja, ek het al probeer om ‘n professionele speler na te boots. Ek het al baie geleer deur om na professionele spelers te kyk en te sien hoe hulle ‘skills’ doen.
Korttermyn doelwit
Ja, my korttermyn doelwit is dat ek baie graag vir maties wil hokkie speel. Ek wil ook baie graag aangaan met hokkie in my lewe. Ek wil ook die jaar afsluit op ‘n goeie noot en vir Gim wen by die interskole!
My langtermyn doelwit is om eendag die voorreg te smaak om vir my land hokkie te speel.
Ek hanteer ek my verantwoordelikhede by hokkie saam met sosiale en akademiese verantwoordelikhede deurdat ek elke verantwoordelikheid op sy eie en op sy eie manier hanteer. Elke situasie het ‘n ander verantwoordelikheid, maar die algemene verantwoordelikheid is definitief om konstant te wees en jouself te motiveer en aan te hou.
Ander belangstellings
Ja, ek het ook ander belangstellings buiten hokkie. Ek geniet tennis vreeslik baie. Eintlik is enige sport waar ek kan rondhardloop en in ‘n span kan speel, vir my vreeslik lekker. Ek geniet dit om in die buitelug te wees en om in die natuur te stap.
My afrigter en spanmaats sal my beskryf as energiek en hardwerkend.
Volgens my is die bekwaamhede waaroor ‘n goeie hokkiespeler moet beskik, dat jy fiks moet wees en jou kop sterk moet wees om jou deur ‘games’ te dra. Jy moet spoed hê om vinnig te kan reageer as jy die bal het, sowel as fisies sterk wees.
Ja, ek het al voorstelle gemaak wat goed gewerk het. Om die bal baie te ‘pass‘ en opsies vir mekaar te gee. Dit maak dat almal nie so baie rond hoef te hardloop nie. Sodoende spaar ons baie energie tydens ‘n ‘game’.
Die persoon wie ek as my rolmodel beskou, is my ‘coach’, Sam Botha.
Wat my die meeste opgewonde in die lewe maak, is om mense gelukkig te sien. Verder ook om my hoogtepunte te bereik waarvoor ‘n mens hard werk.
Om myself in een woord te beskryf: ‘adventurous’.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.pointhighschool.co.za/
Foto verskaf