Hokkie Kapteins. In ons reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met Anica Pretorius. Anica is die kaptein van Hoërskool Aliwal-Noord se 1ste meisies hokkiespan. Sy teken vandag die nege-en-twintigste doel aan in ons reeks oor Hokkie Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika.
“Ek het reeds op die ouderdom van 5 jaar begin hokkie speel. Die passie vir hokkie is in my familie se gene. Ek het ‘n groot liefde vir die sport.
My gunsteling hokkie speler is Mustapha Cassiem. Hy was slegs 18 jaar oud en het toe reeds al Olympics gespeel.
Ek speel vir die afgelope twee jaar ‘center link’. Ek het van my eerste wedstryd ooit in my lewe tot in graad 10 ‘center forward’ gespeel.
Aan die einde van my graad 11 jaar in 2021, is ek die eerste keer as hokkie kaptein gekies. Ek beskou die grootste taak van ‘n hokkie kaptein om leiding te neem en om besluite te neem op die veld em ook om my spanmaats gemotiveerd en gekonsentreed te hou. Tydens oefening moet ek ‘n voorbeeld stel vir hulle om te oefen soos wat ek in ‘n wedstryd sal speel.
Ons span oefen drie keer ‘n week op Maandae, Dinsdae en Donderdae. Ek, my boetie en my sussie oefen ook baie saam.
Bekwame hokkiespeler
Ek dink ‘n bekwame hokkiespeler moet ‘n hardwerkend speler wees, met deursettingsvermoë en baie geduld. ‘n Hokkie kaptein moet ook ‘n goeie invloed op jou spanmaats hê. My sleutel tot sukses op die hokkieveld is om myself te ‘back’.
Wat my as, hokkie kaptein, inspireer elke keer wanneer ek op die hokkie veld stap, is om my talent te kan uitleef wat ek van God ontvang het. Ek speel vir my span en die buffel op my hemp en ook om beter te wees as wat ek die vorige wedstryd was.
My lekkerste wedstryd was toe ek Border Inland o/14 gespeel het. Ons het teen die Suid-Vrystaat o/14A span gespeel. Ek het die eerste doel van die wedstryd aangeteken en dit was ‘n ‘backstick’ doel. Die wedstryd wat ek gou wil vergeet was ons laaste wedstryd vir die kwartaal hierdie jaar. Die wedstryd het met rukke en stote gegaan. Dit was ‘n gehak en gekap. Dit was regtig ‘n wedstryd wat ek nooit weer wil oorhê nie. Ons afrigter was ook glad-nie tevrede met ons spel nie en ek hou nie daarvan om haar teleur te stel nie. ‘n Mens kan nie altyd ‘n goeie wedstryd hê nie. Soms moet dit eers sleg gaan voordat dit weer kan goed gaan. Die volgende wedstryd probeer ek weer net my beste en dit sal beter gaan.
As hokkie kaptein hanteer druk tydens ‘n hokkiewedstryd deur kalm te bly en alles te doen net soos wat ek dit geoefen het.
Motivering
Ek motiveer my span deur hulle moed in te praat en ek bou hulle ook op.
My huidige top 5 prioriteite in die lewe is:
- God
- Familie
- Akademie
- Gesondheid
- Sport
My raad aan hokkie-beginners is dat alle hokkie spelers eens op ‘n tyd ‘n beginner was. Moet nooit opgee nie. Aanhouer wen!
Ja, ek kyk graag hokkie op die TV. Dit is waar my hokkie begin vorder het. Ek hou die spel dop en kyk wat ek kan doen as ek in daardie situasie is. Ek vang ook ‘tips’ by die spelers. ‘n Mens kan altyd iets nuuts leer en dit probeer.
Ja, ek het al professionele spelers nageboots. Ek het gesien dat hulle ‘backstick’ doele aanteken. Ek het geoefen om dit ook te kan doen en ek het ook al ‘backstick’ doele aangeteken.
Doelwit
My doelwit wat ek graag wil bereik, is om my skoolhokkie jare op ‘n hoogtepunt af te sluit. Wanneer ek klaar studeer het, wil ek graag met my eie hokkie spannetjie begin.
Ek hanteer my verantwoordelikhede by hokkie saam met sosiale en akademiese verantwoordelikhede deur, wanneer ek leer, leer ek hard en wanneer ek speel, speel ek hard.
Ek twyfel of ek ooit weer na skool self ernstig hokkie sal kan speel. Maar ek sal baie graag eendag my eie hokkie span wil afrig.
My grootste enkele hoogtepunt die afgelope vyf jaar was toe ek as Hoofmeisie vir Hoërskool Aliwal-Noord aangewys is.
Ander belangstellings wat ek het buiten hokkie, is tennis.
My afrigter beskryf my as ‘n uitstekende leier en speler en ook ‘n puik voorbeeld vir ons span. My spanmaats beskryf my as humoristies, hardwerkend en voorbeeldig.
Bekwaamhede waaroor ek as goeie hokkiespeler en hokkie kaptein beskik, is dat ek die spel goed kan lees en die bal goed versprei.
Voorstelle wat werk
Voorstelle wat ek gemaak het wat goed gewerk het – by hoekies maak ek voorstelle en dit bring gewoonlik vir ons punte op die telbord.
My rolmodel is my afrigter, Juffrou Erwee wat my van graad 8 af die geleentheid gegee om in haar eerste hokkiespan te speel. Sy glo in my van kleins af. Ek sien my boetie, wat 2 jaar ouer is as ek, as my hokkie rolmodel. Hy het al vir verskeie provinsiale spanne gespeel en is besig om hoë hoogtes in sy hokkie loopbaan te bereik. Hy ondersteun my en my sussie baie en ons kan baie by hom leer.
Wat my die meeste opgewonde in die lewe maak, is om ‘n ‘chocolate’ te eet in die aande terwyl ek in die bed lê!
Die professionele hokkie speler saam met wie ek graag wil koffie drink, is Nicole Erasmus.
Om myself in een woord te beskryf – Verantwoordelik.“
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.facebook.com/AliesANHS/
Foto verskaf