Hokkie. Die Hoër Meisieskool Oranje van Bloemfontein se eerste hokkiespan het in sy eerste vyf wedstryde reeds getoon hy is gerat vir die jaar se hokkie seisoen.
Die OMS span het die afgelope naweek by ’n hokkie toernooi in Bethlehem in sy vyf wedstryde 53 doele aangeteken en 0 afgestaan. Dit het seges ingesluit oor Wykeham Collegiate, St. Anne’s, Transvalia (almal met 10-0), St. John’s (12-0) en Sasolburg (11-0).
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za