)

HOKKIE-AFRIGTERS BY HOËRSKOOL STRAND BLINK UIT

Twee van die afrigters by Hoërskool Strand, Leani van der Merwe en Michael Alexander, is verlede week genooi om as skeidsregters by die All Girls Festival in die Paarl op te tree.

Die All Girls Festival is ‘n geleentheid waar die meisiekole in Suid-Afrika in verskillende sportsoorte teen mekaar meeding. Vanjaar was daar 21 skole wat hokkie gespeel het – onder andere die meisieskole Eunice en Oranje van Bloemfontein, Collegiate van Port Elizabeth, Jeppe, St Michaels, Potchefstroom, Afrikaans Hoër Meisieskool, Claredon, Rustenburg en Wynberg uit die Westelike Provinsie – en dan natuurlik die meisieskole van die Boland: Bloemhof, Rhenish, La Rochelle en die Hoër Meisieskool, Paarl. Laasgenoemde twee skole was ook die gasheerskole van vanjaar se fees.

Michael Alexander was die skeidsregter vir die wedstryd wat die derde en vierde plek tussen Eunice en Oranje bepaal het. Leani van der Merwe het as skeidsregter vir die hoofwedstryd tussen Rhenish en Collegiate opgetree.

Hoërskool Strand is met reg trots op hierdie twee Arend-hokkie-afrigters.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal