Hokkie-afrigter 2025. Fichies is baie opgewonde oor die aanstelling van Casey Terblanche as die nuwe hokkie-afrigter 2025 van die eerstespan dogters.
As speler het Casey Suid-Afrika op o.16-vlak verteenwoordig en op senior vlak het sy Suid-Afrika in drie toetse teen Australië verteenwoordig. Verder het sy ook die Kovsies 1- en Vrystaat-vrouespan verteenwoordig.
Die afgelope drie jaar was Casey die hokkiedirekteur by Hoërskool Witteberg in Bethlehem.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/ https://fpark.co.za
Foto’s verskaf









