Hoëveld EHS Tennistoernooi. Foto: Dick Rouillard, Elizma Swart, mnr Hennie Dippenaar, me Annemie Martins, Wianke Cloete en Ryno Maritz
Vir die derde agtereenvolgende jaar het Hoërskool Ermelo hul jaarlikse Hoëveld EHS-Tennistoernooi aangebied. Vrydagoggend is die vure aangesteek en skole is van ver af verwelkom. Vir die eerste keer verwelkom EHS vir Hoërskool Garsfontein asook WJTA Tennis-akademie. Vrydag en Saterdag, 30 en 31 Augustus, het sewe skole teen mekaar meegeding in ‘n rondomtalie formaat.
Hierdie jaar was die eerste keer wat daar tot laat die Vrydagaand tennis gespeel is onder die spreiligte.
Saterdagoggend is die laaste twee rondes gespeel en HTS Middelburg tree as wenners uit die stryd vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar. Hoërskool Piet Retief wen ook vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar die JL Sportmanskap-Wisseltrofee.
Die dag was ‘n reuse sukses en hulle sien reeds uit na volgende jaar.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto voorsien
Become a Sponsor








