Witteberg ruiters in SAWMGA span. Mignon Thomas en Mieke du Plooy, beide leerders van Hoërskool Witteberg in Bethlehem, is ingesluit in die Vrystaat SAWMGA span.
Die SAWMGA Nasionaal vind plaas vanaf 3 tot 6 Oktober in die Afr Dome in Parys.
Mignon, met haar twee twee perde (Yster & Tequila) behaal die hoogste plek in vlak 2. Mieke met haar twee perde (Zilla en Lavodka) behaal die hoogste vlak in die sport in vlak 4. Mieke en Lavodka eindig onder die Top 50 ruiters (12e) en sy is dan ook uitgenooi na die Elite byeenkoms waar sy teen die SAEF- en Internasionale spanne sal meeding.
Meer oor Witteberg: https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/