Hoërskool Wilgerivier in Frankfort het bekend gemaak dat Eloise Snyman en Kylie de Klerk verkies is tot prefekte van die Eeufees Meisiekoshuis.
Baie geluk aan Eloise en Kylie!

Die Wilgehof Seunskoshuis, asook die Eeufees Meisieskoshuis bied aan die gemotiveerde deelnemende leerling, die geleentheid om binne ‘n veilige, huislike atmosfeer, hulle maksimale potensiaal te bereik.
In die huis, weg van die huis, kan die leerlinge hulself uitleef op akademiese-, sport- en kulturele gebied. Die teenwoordigheid van die Koshuisvader/-moeder en Koshuispersoneel, verseker ‘n gedissiplineerde omgewing waar die kind tuis kan wees.
Met goed gebalanseerde etes, wat watertand lekker is, word daar ook omgesien na die leerlinge se fisiese ontwikkeling.










