Vlnr: Simon van Heerden, Mev. Mariëtte Brink (afrigter & beoordelaar) Nealin van die Merwe, Janco Venter, Mev. Careen Venter (afrigter), Mariska Brits en Tarah Höll.
Die afgelope naweek het die Nasionale Finaaal van die Radikale Redenaarskompetisie by Laerskool Constantiapark in Pretoria plaasgevind.
Daar het nie minder nie as ses leerders van Hoërskool Vryburg in 8 verskillende afdelings deurgedring om hier kragte te meet teen leerders vanoor die hele land. Vryburg se leerders het hul man gestaan en hul baie goed van hul taak gekwyt. Twee leerders van Vryburg het Nasionale 2de plekke behaal nl. Simon van Heerden (Gr. 10 Afrikaanse Redenaars) en Mariska Brits (Gr.12 Tweetalige Redenaars).
Baie geluk!