Hoërskool Vryburg staan nie terug wanneer daar oor oud-leerders as wenners gepraat word nie.
Schools That Rock publiseer tans kort berigte oor ‘n aantal oud-leerders van skole op ons Facebook en Webtuiste.
Aan die beurt is Albert van den Berg, oud-leerder van Hoërskool Vryburg. Albert is op Hoopstad in die Vrystaat gebore. Hy het sy skoolloopbaan aan Hoërskool Vryburg voltooi.
Albert was ‘n voormalige Suid-Afrikaanse Rugby-unie speler. Albert se gunsteling posisie was slot. Hy het gedurende sy loopbaan vir die Sharks in die Internasionale Super 14 kompetisie gespeel, maar ook vir die Springbokke. Albert het sy internasionale debuut vir Suid-Afrika op 12 Junie 1999 in ‘n toets teen Italië in die EPRFU Stadionin Port Elizabeth gemaak. Die Springbokke het hierdie wedstryd met 74 – 3 gewen! Hy het ook 2 wedstryde gedurende die Drie-Nasies reeks teen die All Blacks op Loftus Versveld in Pretoria en teen Australia op Nuweland in Kaapstad gespeel. Hierdie wedstryd het Suid-Afrika met 1 punt gewen!
Albert het Suid-Afrika ook in ‘n aantal ander wedstryde verteenwoordig en is in 2019 aangestel as assistent-afrigter van die Griekwas.