Casey-Jade Smith – Akademie
V: Beste ding van lockdown is…
A: Beste ding van lockdown vir my is om te kan kies wanneer my pouse is en om nie elke oggend vroeg hoef op te staan nie.
V: Hoe cope jy met e-learning?
A: Dit was aan die begin nie lekker nie, maar mens raak gewoond daaraan. Jy moet beslis self-dissipline hê, maar nou doen ek goed.
V: Wat ek die meeste mis van skool is…
A: Wat ek die meeste mis van skool is definitief die onderwysers en werkers. En die snoepie se kos en chachas.
V: Die lockdown-snack wat gaan maak dat my skoolklere styf sitwanneer die skool weer begin…
A. Homemade burritos en pizzas.
V: Waarna sien jy die meeste uit wanneer lockdown verby is?
A: Om terug in die klaskamer te wees en deur ‘n onderwyser geleer te word, want dit is 10 keer moeiliker om jouself te leer.
V: Jy is ‘n inkleurpotlood. Watse kleur is jy en waarom?
A: Ek sou geel wees want dis ‘n gelukkige, vrolike kleur en sonneblomme (my gunsteling blom) is geel.
V: Watter onderwyser het jou’n belangrike lewensles geleer?
A: Nie ‘n onderwyser by ons skool nie, maar wel een van ons onderwysers se dogter, Mnr Eddie se dogter, Dr Liné: “Hard work beats talent”.
V: Watse raad sal jy graag nou in President Ramaphosa se oor wil fluister?
A: Ek’t nie raad nie, maar ek wil graag net sê hy doen great en dis ‘n baie moeilike tyd vir ons almal, maar ons bid vir hom, want so ver het die stappe wat hy geneem het, rêrig baie lewens gered.