Simoné van Zyl: Hoofdogter
V: Die lockdown-snack wat gaan maak dat my skoolklere te styf sit wanneer die skool weer begin…
A: Verseker pers Fizzers, chocolate Steri Stumpies en Tinkies.
V: Jy is ‘n inkleur potlood. Watse kleur is jy en waarom?
A: Wit/silwer. Ek wil die lig van die maan vir mense teken in hul donkerste tye sodathulle HOOP kan hê dat die son môre-oggend sal opkom.
V: Watter onderwyser het jou ‘n lewensles geleer?
A: Staan vir dit wat reg is, al beteken dit dat jy alleen moet staan – Mnr Cilliers.
V: Hoe proe water?
A: Water proe soos …uhmmmm…water…dink ek.
V: Wat is die een memory van VHS wat jy eendag vir jou kleinkinders gaan vertel?
A: Die feit dat my matriekjaar ontaard het in een van daardie flieks waar alle tot stilstand gekom het, as gevolg van ‘n pandemie.